Schalk
&
Anja
Op ‘n onverwagse tyd en ‘n onverwagse manier het Anja en Schalk se paaie gekruis in ‘n klein dorpie met die naam Schweizer-Reneke.
‘n Gebeurtenis slegs georkestreer deur die Here, al was Anja volgens Schalk effens ongeskik het hy wel haar aandag gevang deur om uit die kerk te sluip sonder om te groet. Met kwasbare harte het beide van hulle hul stories met mekaar gedeel en hals oor kop vir mekaar geval. ‘n Koffie het vinnig verander na Schalk wat meer begin draf om saam met Anja tyd te spandeer tot twintig vrae speel terwyl Schalk nagskof werk om mekaar beter te leer ken. So het die liefde tussen hulle geblom.
Met die Here as hulle rots en anker het hulle begin vou aan ‘n driedubbele tou en besluit om tot in ewigheid aan mekaar toegewyd te word.
Met dankbare harte stap hulle deur die seisoen as verloofdes gefokus op God wat hulle liefdesverhaal in werklikheid gebring het en vir hulle voorsien het wat net Hy geweet het hulle benodig.
29 Augustus 2026
Vintage Yard Wedding Venue
7 Schilbachstraat, Parys, Vrystaat,
Die Seremonie en onthaal vind beide op
dieselfde perseel plaas
Anja en Schalk nooi u hartlik uit
om getuies te wees op 29 Augustus 2026 van hul huweliks bevestiging .
Die seremonie begin stiptelik om 15:00 en hulle versoek dat u dus teen 14:45 u sitplek sal inneem in die kapel.
Hulle sien uit om saam met u in die teenwoordigheid van die Here die groot mylpaal te vier.
Wie kan ek kontak die oggend van die troue?
Ons vra mooi dat gaste nie die bruid of bruidegom die oggend van die troue kontak met vrae nie. Hulle het ’n ongelooflike span mense agter hulle wat al julle vrae sal kan beantwoord.
Indien nodig, kontak:
Rone: 082 785 0021
Attel: 082 785 0031
Annelie: 083 984 8012
Pieter: 073 519 7661
JW: 083 852 0696
Selfone tydens die seremonie?
Dit is ’n selfoonvrye seremonie. Ons vra baie mooi dat gaste nie foto’s neem tydens die seremonie nie. Ons wil hê julle moet teenwoordig wees vir elke oomblik. Ons het volle vertroue in ons fotograaf en vra dat gaste hierdie vertroue ook sal deel.
Moenie bekommer nie — fotos van die kuier tydens die onthaal kan opgelaai word deur ’n spesiale QR-kode wat die dag van die troue gedeel sal word.
Wie kan ek kontak die oggend van die troue?
Ons vra mooi dat gaste nie die bruid of bruidegom die oggend van die troue kontak met vrae nie. Hulle het ’n ongelooflike ondersteuningsraamwerk agter hulle wat al julle vrae sal kan beantwoord.
Indien nodig, kontak:
Roné: 082 785 0021
Attel: 082 785 0031
Annelie: 083 984 8012
Pieter: 073 519 7661
JW: 083 852 0696
Is daar 'n kroeg?
Daar is ’n kroeg in die onthaalsaal met kaart- en kontantfasiliteite beskikbaar. Ons voorsien ook ’n ietsie tydens die heildronke vir die aand.
Ons vra asseblief dat gaste nie hul eie koelbokse of drank na die venue bring nie. Enigiemand wat hierdie reël oortree, sal gevra word om die troue te verlaat.
Mag ek 'n metgesel bring?
Ons verstaan heeltemal dat almal graag iemand saam wil bring! Vir hierdie dag het ons egter besluit om dit ‘n intieme en spesiale viering te maak saam met die mense vir wie ons die liefste is. Metgeselle is dus slegs per uitnodiging toegestaan, en dit sal duidelik op jou uitnodiging aangedui wees. Ons waardeer julle begrip en kan nie wag om hierdie dag saam met julle te vier nie!
Is kinders welkom?
Met liefdevolle oorweging het ons besluit om die dag as ’n kinder-vrye geleentheid te vier. Ons waardeer julle begrip en sien daarna uit om hierdie besondere oomblik saam met julle te deel.
Rekeninghouer: Mr SC Steyn
Rekening nommer: 2009285146
Rekening tiepe: Spaarrekening
Bank: Capitec
Tak kode: 470010
Dit is 'n voorreg om een en elkeen van julle teenwoordig te he op ons groot dag en dit is vir ons die grootste geskenk. Indien dit op u hart gedruk work om iets aan ons te gee sal 'n bydrae tot ons nuwe lewensfase en toekoms hartlik waardeer word.
Daar is geen spesifieke kleurskema vir die geleentheid nie. Ons vra egter net dat dames nie wit sal dra nie, aangesien dit vir die bruid voorbehou is.
Ons sal dit ook opreg waardeer indien gaste tekkies en Denim broek vermy, sodat die formele en feestelike atmosfeer van die dag behoue kan bly.
Baie dankie vir julle begrip en samewerking.
Out of africa on vaal:
Ilze - 083 651 1113
Heron’s rest Lapa manzi:
072 288 2083/ 072 249 1696
@Last Accommodation:
Chris - 083 787 2877
Ons waardeer een en elkeen wat reis om hierdie spesiale dag saam met ons the vier. Vind asseblief ‘n paar opsies vir verblyf wat ons aanbeveel hier onder:
Met die oog op die verrigtinge van die oggend, en om die bruidspaar die geleentheid te gun om elke oomblik in te neem, versoek ons vriendelik dat enige navrae op die dag asseblief aan dewald smit gerig word, wie u met graagte sal bystaan om te verseker dat alles vlot verloop.
Dewald Smit: 073 277 1724
Dit is vir ons die heel belangrikste dat een en elkeen van julle veilig by die bestemming sal arriveer. Vind asseblief verskillende roetes na die venue deur op die link te klik:
Vanaf Johannesburg of Pretoria:
https://maps.app.goo.gl/97AYj8Za1oJkwSan9
Vanaf Potchefstroom via Parys:
Indien u vanaf die rigting kom beveel ons aan dat u die R59 ry met klein karre aangesien die roete van 23.7 km 17 km se grondpad is wat ongeskisk is vir klein karre.
RSVP asseblief voor
30 Junie 2026
Deur op die knoppie hier onder te klik
Kies asseblief die toepaslike gastegroep en selekteer een van die opsies om U teenwoordigheid aan te dui. Ons versoek wel dat u asseblief dit sal respekteer dat metgeselle en kinders sleg per uitnodiging genooi is.
Ons sien uit om die dag saam met een en elkeen te vier. Ons versoek dat u asseblief teen die sper datum sal laatweet of u vir die spesiale dag teenwoordig gaan wees.
En tog, in die Here is die man nie sonder die vrou nie, en die vrou ook nie sonder die man nie. Want soos die vrou uit die man is, so is ook die man deur middel van die vrou; maar alles is uit God.
1 Korintiers 11:11-12
Schalk & Anja
29-08-2026